AHI logo
Ons is geaffilieer by
AHI NASIONAAL

AHI Bloemfontein

Wila Richter AHI BloemfonteinAHI Bloemfontein is ‘n vrywillige organisasie sonder winsbejag.  Die Kamer funksioneer onder die vaandel van die Afrikaanse Handelsinstituut en bedien sakelui van Bloemfontein, die hoofsentrum van die Mangaung Metropolitaanse Munisipale gebied wat Thaba'Nchu en Botshabelo insluit.

Wilna Richter
Voorsitter


Kliek hier om meer te lees oor die doelstellings van AHI Bloemfontein.

PWC
Klik hier vir die jongste inligting oor die ekonomie.

Home

Ons struktuur

ahi bloemfontein meeting

Die hoogste gesag in AHI Bloemfontein berus by die Algemene Jaarvergadering van al die lede. Tussen die AJV word die sake van die kamer bestuur deur 'n uitvoerende komitee, bygestaan deur 'n dagbestuur wat uit die vier ampsdraers van die Kamer bestaan.

Ontstaan

ahi bloemfontein meeting

AHI Bloemfontein het in 2007 tot stand gekom nadat 'n aantal besorgde sakepersone van Bloemfontein spontaan gesprek begin voer het om te besin oor die vraag of die sakesektor nie méér kan doen om die groei en vooruitgang van ons stad en streek se ekonomie te help bevorder nie.

Voorsittersverslag 2011 - 2012

Dit is vir my ‘n voorreg om aan die einde van die vyfde bestaansjaar van die AHI Bloemfontein die Voorsittersverslag aan u te lewer.

  1. InleidingAndre van den Berg

As inleiding wil ek graag ‘n kort oorsig gee van enkele ekonomiese faktore waarbinne die sake-gemeenskap funksioneer:

Die Monetêre Beleidskomitee van die Reserwebank het die repokoers vir die laaste sestien maande op 5.5% gehou  wat kapitaal bekostigbaar maak.  Inflasie bly bo die boonste grens van 6% wat deur die Reserwebank gestel word. Indien die mikpunt van onder 6% bereik kan word, bestaan daar die moontlikheid om korttermynrentekoerse selfs tot in 2013 dieselfde te hou.

Die hoër olieprys het nou deurgesypel na elke besigheid en kommoditeit met die gevolg dat verbruikers genoodsaak is om hul bestedingspatrone aan te pas.

‘n Groeikoers van nie hoër as 3% word vir 2012 in die vooruitsig gestel.  Plaaslike groei sal hoofsaaklik aan die owerheidsektor se infrastruktuurbesteding te wyte wees.  Private verbruiksbesteding kan in ‘n mindere mate ‘n bydrae tot groei lewer afhangende van die styging in lone en salarisse.

Opleiding- en onderwysprobleme bly ‘n werklikheid in terme van die standard en die aard van opleiding.  Dit lei nie net tot groot tekorte in sekere sektore nie, maar sal beslis ‘n bydrae lewer tot die alreeds hoë werkloosheidssyfer.

Lees meer

 

Aanbiedings tydens AJV 2012

Twee baie interessant aanbiedings is tydens die 2012 Algemene Jaarvergaderings gedoen. Die volgende twee PowerPoint aanboedings is tydens die toesprake gebruik:

 
Banner

NUWE LEDE


Mahareng Publishing
Christo du Randt
Tel: 051 505 0900
Sel: 083 459 115
christo@mahareng.co.za



Horace Terry & Rothea van Biljon
Jenco’s Coffee & News
Tel: 051 430 8348

 



Free State Times
Susna Pieters
Tel: 051 412 00 00    
Faks: 086 608 9164    
Sel: 072 555 9203    
susna.pieters@fstimes.co.za



Oosthuizen Rekenmeesters
Jaco Oostuizen
Tel:051 430 1486    
Faks: 051 430 3860    
Sel: 082 296 4406    
jaco@rekenmeester.co.za



The Party Warehouse
Cornel Coetzee
Tel: 051 430 6590         
Sel: 082 683 2579    
thepartywarehouse@shisas.com



BNRT NT LEFT SALES & SOLUTIONS
Sean Lakey
Sel: 084 430 6635    
bnrtleft@gmail.com

 


Ethical Business Practice

South African Charter of Ethical Business Practice is an aspirational ‘Business Code of Ethics’ which could be applicable to the South African business community. It sets out what ethical business conduct means in the South African context.

Read more...

BEE Sertifikaat

Kliek op die skakel hieronder vir AHI Bloemfontein
se BEE Gradering Sertifikaat.

Klik hier

Who's Online

We have 6 guests online

Netwerkgeleenthede

ahi bloemfontein inligtingOns bied ons lede geleenthede vir netwerkskepping met ander sakelui en met owerheidsinstansies op plaaslike en provinsiale vlak tydens gereelde ledevergaderings.

Inligting aan lede

ahi bloemfontein inligtingOns doel is om relevante inligting wat die sakewêreld raak, te ontvang, te verwerk en onder sy lede te versprei deur middel van ‘n nuusbrief of enige ander werkswyse.

Samewerking

ahi bloemfontein hulpOns bevorder nouer skakeling tussen owerhede, werkgewers en werknemers deur middel van konsultasie, gesprekvoering en skriftelike voorleggings waar nodig.

Go to top