

|

 |
|
Argief...

Rothea van Biljon |
VOORSITTERSVERSLAG 2009
Soos in verlede jaar se Voorsittersverslag genoem is, was dit
ons doelwit om gedurende die eerste jaar van van ons bestaan, AHI Bloemfontein
te vestig as ʼn organisasie wat waarde kan toevoeg tot die sakegemeenskap en wat
respek sal afdwing. Een van ons doelwitte vir die tweede bestaansjaar was om te
verseker dat AHI Bloemfontein deel sal vorm van die besluitnemings proses in die
stad wanneer plaaslike regering belangrike besluite neem. Ons het wel vordering
gemaak in die proses, maar nie soos wat ons graag sou wou nie.
Lees meer
Kliek hier vir
Finansiële State 28 Februarie 2010 |
|

Jac Laubscher |
EN TOE DOEN DIE RESERWEBANK DIT WEER...
Die besluit van die Monetêrebeleidskomitee (MBK) van die
Reserwebank verlede week om die repokoers onveranderd te hou, het die meeste
mense onkant gevang. Terwyl daar byna eenstemmigheid onder analiste was dat die
Bank die repokoers met 50 basispunte sou verlaag, het die president van die
Bank, mnr. Tito Mboweni, tydens die nuuskonferensie na afloop van die
MBK-vergadering aangedui dat die komitee weinig tyd afgestaan het aan die
bespreking van dié moontlikheid.
Lees meer... |
|

Prof Stef Coetzee |
DIE
OBAMA-EFFEK EN DIE POLITIEK / EKONOMIE VAN SUID-AFRIKA - Toespraak deur Stef
Coetzee, uitvoerende direkteur van die AHI en buitengewone professor aan die
Bestuurskool van die Universiteit van Stellenbosch.
Gebeure in
die onlangse verlede rondom Polokwane, die opkoms van COPE of Shekota,
die verkiesing van President Barak Obama en die krisis in die finansiële
markte van die wêreld het my herinner aan die gesegde van sowat twintig
jaar gelede: “Die toekoms is nie meer wat dit was nie!” Elkeen van die
gebeure kan deurslaggewende gevolge vir beleidskeuses hê en bring beide
onsekerheid en hoop.
Lees meer... |
|

Mike Ritter |
MIKE RITTER OORLEDE
Mnr. Mike Ritter (61) 'n Bloemfonteiner wat “diep spore in die
land se sakekamer-organisasies getrap het”, is in ’n motorongeluk op die N1
buite Bloemfontein dood. Prof. Stef Coetzee, uitvoerende direkteur van die
AHI, het Ritter as ’n toegewyde en lojale kollega beskryf en gesê sy dood is ’n
groot skok en verlies vir die organisasie. Die AHI se jaarlikse kongres word in
September in Bloemfontein gehou en Ritter het ’n groot rol in die organisering
daarvan gespeel. Mike Ritter was eintlik mnr. AHI,” sê
Mev. Rothea van Biljon, voorsitter van die AHI Bloemfontein.
AHI Bloemfontein betuig sy innige meegevoel met Mev Joy Ritter en die gesin.
|
|

Jac Laubscher |
EKONOMIESE HERSTEL
Na ‘n tydperk van volgehoue negatiewe nuus het onlangse
internasionale ekonomiese statistiek ‘n meer gemengde karakter begin aanneem.
Die slegte nuus word so dan en wan afgewissel met ‘n positiewe verrassing.
Sommige mense sien die botsels van ekonomiese herstel in die verbeterde
statistiek. Ander sien dit bloot as ‘n bewys dat die ekonomie nie meer in vryval
is nie maar besig is om te stabiliseer, al is dit op ‘n lae vlak. Dit dui ten
minste daarop dat die tempo van verswakking verlangsaam.
Lees meer... |
|
|
|

Jac Laubscher |
DIE INTERNASIONALE FINANSIËLE KRISIS
Die finansiële krisis wat die wêreld sedert Augustus 2007 teister, het
nog nie ten einde geloop nie maar het reeds onherroeplik die finansiële
landskap verander, veral in die Anglo-Saksiese lande. Die
beleggingsbanke wat vir meer as sewentig jaar deel van die VSA
finansiële argitektuur uitgemaak het, het verdwyn, die wêreld se
grootste versekeraar is nou 85% in staatshande (al sou dit net tydelik
wees). Talle ontleders interpreteer hierdie gebeure as 'n aanklag
van finansiële kapitalisme – indien nie oor die algemeen nie, dan ten
minste die meer laissez-faire Anglo-Saksiese soort.
Lees meer |
|
|

Dep van Minerale en Energie |
NEW ELECTRICITY REGULATIONS
Min Buyelwa Sonjica, Minister of Minerals and Energy has, in terms of
section 35(4) of theElectricity Regulation Act, 2006 (Act No 4 of 2006),
after consultation with the Regulator,Promulgated regulations iIn
order to maintain good quality of supply, to ensure stability of the
electricity network, to minimise electricity load shedding and to avoid
blackouts.
Lees meer |
|
|
 |
Toespraak van
Frans Stroebel : AHI Dinee
Bloemfontein: 16 Oktober 2008
Ons leef in 'n tyd waar niks so seker is as net die feit dat alles
onderhewig is aan verandering nie. Die afgelope 100 jaar het ons
gevorder van die ossewa tot die ruimtetuig. Stoomskepe het seilskepe
vervang, net om op hulle beurt weer met vliegtuie vervang te word. Ons
het in die vorige eeu Kommunisme, Nazisme en Apartheid sien kom en gaan.
SA is bekend as die mynbou land. In 2000 het ons in SA 5 groot mynhuise
gehad. Tans het ons nie meer een oor wat se primere lysting op die
Johannesburg Effektebeurs verskyn nie. Ons leef dus inderdaad in
veranderende tye.
Lees meer |
|
|

Prof Lochner Marais |
Eerste boek oor Bloemfontein in 25 jaar
gepubliseer
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het ‘n boek vir die eerste
keer in 25 jaar oor Bloemfontein gepubliseer. Die boek, getiteld
“Spatialities of Urban Change”, is die eerste Suid-Afrikaanse vakkundige
uitgawe in boekvorm oor ruimtelike temas oor stedelike verandering in ‘n
sekondêre stad in Suid-Afrika. Die boek is onlangs op die Hoofkampus in
Bloemfontein bekendgestel
.Lees
meer... |
|
|

Mnr Robert Mhlambi |
MNR ROBERT MHLAMBI AANGESTEL AS HOOF OPERASIONELE BEAMPTE
Die direksie van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) het
aangekondig dat mnr Robert Mhlambi aangestel is as Hoof Operasionele
Beampte van die AHI met ingang 1 Desember. Mnr Mhlambi het ‘n
honneursgraad in finansiële bestuur en ‘n sertfikaat in
bemarkingsbestuur aan UNISA behaal.
Lees meer... |
|
|
 |
CENTLEC
TARIEWE VIR 2008/09
Die uitwerking van die aanvanklike 14,2% tariefaanpassing wat aan Eskom
toegestaan was vanaf 1 April 2008 het tot gevolg gehad dat munisipale
elektrisiteit aankoop koste met 15% sou styg vanaf 1 Julie 2008.
Kliek hier om meer te lees
|
|
|
 |
KOOP PLAASLIK
This report
reflects on the concerns of business people on why Bloemfontein is losing
business. Added to these aspects the two assumptions that business is leaving
Bloemfontein because companies with regional offices are scaling down on their
businesses in Bloemfontein and the fact that some of the larger Bloemfontein
based companies are not procuring enough locally were analysed in more detail.
I
Kliek hier vir navorsingverslag oor Koop Plaaslik |
|
|
 |
VOORSITTERSVERSLAG
2007 - 2008
Op 17 April 2008 het Me Rothea van
Biljon, Voorsitter van AHI Bloemfontein, haar eerste jaarverslag gelewer.
Sy het onder andere gesê: "Dit was nie
altyd maklik vir die Bestuur om die pad uit te werk wat
die beste manier sou wees om AHI Bloemfontein se rigting
te bepaal nie. Ons doelwit was om AHI Bloemfontein te
vestig as ʼn organisasie wat waarde kan toevoeg tot die
sakegemeenskap en wat respek sal afdwing in die
sakegemeenskap. Ons is baie positief dat in die jaar wat
kom AHI Bloemfontein deel sal vorm van die
besluitnemings proses in die stad wanneer plaaslike
regering belangrike besluite neem."
Lees meer... |
|
|
|
Kontak ons gerus indien u meer
inligting wil bekom of volg die "Sluit aan" -skakel indien u belangstel om as lid by AHI
Bloemfontein aan te sluit. |
| |
| 
|