image

image
image
 
 


Toerisme...
 

TOERISME INLIGTING

Het u enige navrae of inligting oor toerisme nodig? Kliek dan hier en ons Toerismelessenaar sal u so gou doenlik van die nodige terugvoer voorsien. 

GRADERING VAN AKKOMMODASIE FASILITEITE

Bloemfontein speel ‘n belangrike rol in die toerisme-landskap van die Vrystaat. Met sy sentrale ligging, goeie infrastruktuur en uitstekende konferensiefasiliteite, is dit ‘n gewilde konferensie bestemming. Gepaardgaande daarmee is die opbloei in die gastehuisbedryf opmerklik, terwyl Bloemfontein ook al hoe meer “Boutique”-tipe hotelle ryker word. ‘n Mens wil glo dat gepaste lewensvatbaarheidstudies deur die eienaars onderneem is en dat nie net met sterre in die oë na die 2010 fenomeen gekyk word nie. Verder wil mens glo dat die bemarkingsplan se uitvoerbaarheid, reikwydte en toegepastheid onder andere, aangespreek word.

Lees meer...




Johan Hattingh

Ontwikkeling van Toerismeprodukte en dienste

Een van die groot uitdagings waarmee kleiner dorpe te doen kry, is die identifisering en ontwikkeling van toerismeprodukte en dienste. Wat vir een groep as ‘n toerismeproduk geidentifiseer kan word, geld nie altyd noodwendig vir ‘n ander groep in dieselfde dorp nie.

Dit is dus van kardinale belang dat alle toerism ebelangegroepe ooreenstemming bereik oor wat die top attraksie en aktiwiteit van die dorp behoort te wees. Uiteraard is daar gewoonlik ‘n verskeidenheid produkte, maar elke dorp het ten minste een uitstaande kenmerk wat toeriste sou lok. Voorbeelde hiervan is onder meer Clarens – bekend vir natuurskoon, Rosendal – bekend vir rustige naweek weg van die stadsgewoel, Lady Grey – bekend vir avontuur ens.

Sodra die onderliggende toeristetrekpleister geidentifiseer is, kan stap twee gevolg word met die ontwikkeling en uitbouing van die produkte en dienste. Waar baie dorpe in die verlede die fout gemaak het om aanvanklik te wyd te diversifiseer, het navorsing bewys dat om aan die begin op een spesifieke sterk punt te konsentreer, dit optimaal te ontwikkel en te bemark, die latere trekpleisters hulle vanself in die mark begin vestig.

Hoe word ‘n toerismeproduk ontwikkel? Die belangrikste element naas die identifisering van die produk, is om die rolspelers sowel as die inwoners van ‘n dorp opgewonde en positief oor die toerismeprodukte te kry. Daar is min dinge so negatief as inwoners wat negatiewe dinge kwytraak oor hulle dorp. Stap gerus rond in jou dorp en vra die inwoners wat dink hulle van die Toerisme-ikone in die dorp. As die meerderheid negatiewe kommentaar lewer, lê daar harde werk voor om die persepsies te verander. In ‘n volgende kort artikel gaan in meer diepte gekyk word, hoe toeriste-attrakies ontwikkel kan word tot voordeel van ‘n dorp.

 


  Die doel van 'n Plaaslike Toerismekomitee

In ons vorige artikel het ons verwys na die stigting van ‘n plaaslike toerisme-organisasie/komitee. Wat is egter die doel van so ‘n komitee of organisasie? Daar moet ook in gedagte gehou word, dat so ‘n organisasie nie in isolasie hulle take kan verrig nie. Ondersteuning vanuit die plaaslike regering is ook uiters belangrik. Dit is ook belangrik om daarop te let dat plaaslike regering gemeet word aan die ondersteuning wat hulle aan goed konstrueerde gemeenskapsorganisies verleen.

Kortliks kyk plaaslike regering tipies na watter rol die Toerisme-organisasie/komitee sal kan vervul in terme van :

  • die stimulering van beleggings
  • bemarking van die omgewing
  • werkskepping
  • ekonomiese voordele wat dit vir die streek kan inbring

Wat is die doel van die plaaslike Toerisme-organisasie/komitee? Dit kan kortliks soos volg aangedui word;

  • vermeerder aantal toeriste na bestemming
  • verminder seisoenaliteit
  • verspreiding van Toerisme oral in die streek/dorp
  • werkskepping
  • bemarking van attraksies
  • verskaf toeriste-inligting

Saam met die doel van die plaaslike Toerisme-organisasie moet daar ook verantwoordelikhede uitgestippel word. Vier belangrike verantwoordelikhede word hier aangedui:

  • strategiese beplanning
  • bemarking
  • navorsing en monitering
  • produk-ontwikkeling

Bogenoemde punte is daargestel om as riglyn gebruik te kan word vir die effektiewe funksionering van ‘n plaaslike Toerisme-organisasie/komitee. In die volgende aflewering word daar in meer detail na die aspekte gekyk.
 


  Die rol van die Local Tourism Organisations

In vorige aflewerings het ons vlugtig na produkontwikkeling as maatstaf vir die groei van ‘n dorp se toerismepotensiaal gekyk. ‘n Belangrike aspek wat ook aangeraak moet word, is die rol wat die sogenaamde Local Tourism Organisations speel. Hierdie organisasie is die plaaslike toerismekomitee en bestaan gewoonlik uit verteenwoordigers van die Toerisme-produkeienaars sowel as die plaaslike munisipaliteit.

Uit ondervinding het ons geleer dat die verhouding op hierdie vlak soms baie troebel kan wees. Verskillende verwagtinge heers by beide rolspelers en dit het al vele Toerisme-organisasies skipbreuk laat lei. Dit is dus van uiterste belang dat met die stigting van ‘n toerismekomitee/Local Tourism Organisation die volgende in gedagte gehou moet word:

  • stip duidelik die verwagtinge van elke party uit
  • bepaal die rol wat elkeen moet speel
  • sogenaamde ‘service level agreements” kan met die plaaslike munisipaliteit gesluit word
  • ondersoek metodes van befondsing
  • Stel kriteria daar waaraan enige toekenning van befondsing gemeet kan word.
  • Bepaal die ledestruktuur met inagneming van basiese standaarde waaraan voldoen moet word
  • Bepaal die ledegelde
  • Verskaf gereelde terugvoer aan lede
  • Verskaf gereelde terugvoer aan die plaaslike munisipaliteit
  • Gemeenskapsbetrokkenheid

Sodra ‘n toerismekomitee/local tourism organisation gestig is, is die volgende stap om ‘n grondwet op te stel. So ‘n grondwet is uiters belangrik en stip die take en verantwoordelikhede van die komitee dan ook uit sowel as ledegelde, wie lede kan word, kriteria vir standaarde (indien benodig), frekwensie van vergaderings, doelwitte van die komitee, lede van die komitee ens. Verskeie voorbeelde van so ‘n grondwet is op aanvraag by die skrywer verkrygbaar. In ‘n volgende artikel gaan ons kyk na wat is die doel van die Toerismekomitee/Local Tourism Organisations.


Kontak ons gerus indien u meer inligting wil bekom of volg die "Sluit aan" -skakel indien u belangstel om as lid by AHI Bloemfontein aan te sluit.

Gaan na bladindeks

image