|
Doelstellings...
Die doelstellings van die sakekamer is
die volgende:
-
Om sakelui, ongeag kleur, ras of geslag in die
gebied van die groter Bloemfontein area byeen te bring.
-
Om deur voorligting, bedryfsleiding en onderrig
diens aan sy lede te lewer ten einde hul beter toe te
rus vir die sakewêreld.
-
Om lesings en besprekings te reël oor enige
onderwerp wat die sakewêreld raak; beskrywingspunte voor
te lê en toe te lig by enige kongres van die Afrikaanse
Handelsinstituut (AHI).
-
Om relevante inligting wat die sakewêreld raak, te
ontvang, te verwerk en onder sy lede te versprei deur
middel van ‘n nuusbrief of enige ander werkswyse.
-
Om sy lede by te staan in hul sake-ondernemings en
hul behulpsaam te wees met voorligting; om hul belange
te beskerm teen onbillike handelspraktyke of wetgewing.
-
Om nouer skakeling te bewerkstellig tussen owerhede,
werkgewers en werknemers deur middel van konsultasie,
gesprekvoering en skriftelike voorleggings waar nodig.
-
Om deur opleiding en voorligting sakemanne en
sakevroue beter toe te rus vir die sakewêreld.
-
Om funksies te reël en fondse te genereer ter
bevordering van die doelstellings van die sakekamer.
-
Om op gepaste wyse erkenning te verleen aan enige
persoon wat ‘n wesenlike bydrae gelewer het hetsy op
sake, kulturele of ‘n ander gebied in die groter
Bloemfontein area.
-
Om enige eiendom, roerend sowel as onroerend, te
verkry, te koop, te huur, te verhuur, te verkoop, te
skenk, te verpand of met ‘n verband te beswaar, in die
uitvoering van die doelstellings van die sakekamer.
|