image
image
image
image



image
Ons Lede...
Lidmaatskap van AHI Bloemfontein is oop vir alle besighede wat binne die gebied van die Mangaung Plaaslike Munisipaliteit sake bedryf.  Gewone lede en korporatiewe lede moet aansoek om lidmaatskap doen op die voorgeskrewe vorm en finale goedkeuring van lidmaatskap berus by die bestuur van die sakekamer.  Lidmaatskapgeld betaalbaar deur gewone en korporatiewe lede word jaarliks deur die bestuur van die sakekamer vasgestel.
 


Gewone lede
Enige persoon of instansie wat direk of indirek in die sakewêreld betrokke is en aktief daarin belangstel, kan by die bestuur aansoek doen om lidmaatskap van die sakekamer.

 


Korporatiewe lede
Enige maatskappy, beslote korporasie, firma of onderneming kan aansoek doen by die bestuur om as korporatiewe lid van die sakekamer toegelaat te word. Sodanige aansoek moet vergesel wees van die name en posvlakke van al die persone wat as verteenwoordigers van die betrokke korporatiewe lid sal ageer.
 


Gekoöpteerde lede
Die bestuur van die sakekamer is by magte om enige persoon op die bestuur te koöpteer vir ‘n bepaalde funksie en tyd. Na voltooiing van die funksie of verstryking van die tydperk , sal sodanige lid se lidmaatskap verval, tensy die persone reeds ‘n lid van die sakekamer is.
 

image
Erelede
EDie bestuur is by magte om erelidmaatskap toe te ken aan enige persoon wat na oordeel van die bestuur uitsonderlike diens aan die sakekamer gelewer het. ‘n Erelid kan deur die bestuur genooi word om bestuursvergaderings by te woon, maar het geen stemreg nie.
 
image