image
image
image
image


image
Ons dienste...
Lidmaatskap van AHI Bloemfontein hou 'n verskeidenheid van voordele vir lede in. Meeste van hierdie dienste word gratis aan lede verskaf maar daar is ook 'n aantal dienste wat teen geringe koste verskaf kan word.


 

Voordele van lidmaatskap
Die volgende is 'n paar van die vernaamste voordele wat lidmaatskap van AHI Bloemfontein inhou -
  • Die Kamer is 'n inligtings- en verwysingsbron vir lede;
  • AHI Bloemfontein het via die AHI toegang tot die President en sy Kabinet;
  • Die Kamer bied geleenthede vir netwerkskepping met ander sakelui en met owerheidsinstansies op plaaslike en provinsiale vlak;
  • Deur middel van lede-kommentaar en insette ten opsigte van wetgewing en beleid is daar betrokkenheid by owerheidsbesluite;
  • Dokumentasie op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak, wat alle vlakke van die sakesektor raak, word aan lede versprei;
  • Inligting word deur middel van 'n nuusbrief en verslae aan lede versprei;
  • Nuwe lede word gratis in die nuusbrief bekendgestel;
  • Lede het toegang tot AHI Bloemfontein-webblad, wat die vloei van sake-inligting vergemaklik;
  • Buitelandse handelsgeleenthede word op 'n gereelde basis onder lede se aandag gebring;
  • Lede het die geleentheid om die Nasionale Kongres en ander funksies van die AHI by te woon en dit bied geleentheid om sakekontakte en kennis te verbreed;
  • Lede kan deelneem aan buitelandse besoeke en sendings wat van tyd tot tyd deur die AHI gereël word, waartydens kontak met buitelandse sakelui gemaak word;
  • 'n Adreslys van korporatiewe- en sakelede van AHI Bloemfontein is op aanvraag beskikbaar;
  • Die jaarlikse ledegeld vir lidmaatskap is van belasting aftrekbaar;
  • Inligtingsessies en geleenthede oor 'n verskeidenheid fasette van die sakelewe word gereeld deur die Bestuur vir lede gereël.

image
Wergewersorganisasie...
Een van die vernaamste voordele wat lidmaatskap van AHI Bloemfontein is dat dit sake-ondernemings die geleentheid bied om teen 'n geringe jaarlikse bedrag lidmaatskap van die AHI Werkgewersorganisasie te bekom.

Kliek hier vir meer inligting oor die Werkgewersorganisasie


image
image