

|


|

|
Werkgewersorganisasie...
Die AHI het in 2001 ‘n werkgewersorganisie gestig. Dit het positiewe gevolge vir AHI-lede aangesien ‘n geregistreerde werkgewersorganisasie namens enige van sy
lede mag optree in arbeidsdispute waarin ‘n lid betrokke is.
Die Departement van Arbeid het bevestig dat die AHI die eerste sakesektororganisasie in die
land is, om dié stap te neem.
Die AHI is een van die vier groot werkgewerorganisasies in Suid-Afrika met lede uit die handel, nywerheid, mynwese, finansiële instellings en 'n verskeidenheid diensteorganisasies.
|

|
Voordele van lidmaatskap van werkgewersorganisasie Omdat vakbonde regsgeleerdes in diens kan neem,
gebeur dit dikwels dat, veral die kleiner werkgewer, in ‘n arbeidsgeskil te staan kom teen ‘n deurwinterde regsgeleerde. Dit het dikwels die gevolg dat die
werkgewer sy saak verloor – nie omdat sy saak swak is nie, maar omdat hy nie regsverteenwoordiging het nie. Werkgewersorganisasies mag dus namens ‘n lid in die
Arbeidshof sowel as in geskille voor die KVBA verskyn. Dit beteken ook dat werkgewersorganisasies die reg het om namens lede met die werksmag te onderhandel en
kollektiewe ooreenkomste met vakbonde te sluit. Daarbenewens mag werkgewers-organisasies lid word en deelneem aan die aktiwiteite van bedingingsrade en
statutêre rade.
Werkgewersorganisasies kan ook gebruik word om in die algemeen die verhoudinge in die breedste sin tussen werkgewers en werknemers te
reguleer en te fasiliteer, byvoorbeeld deur navorsing te doen en opleiding te gee.
|
 |
Hoe werk die wergewersorganisasie? In effek moet u:
- ‘n Sakelid van die AHI en/of van ‘n AHI geaffilieerde sakekamer wees;
- daarna moet u lidmaatskap van die AHI Werkgewersorganisasie opneem @ ‘n lidmaatskapfooi van R100,00 per jaar;
- u kan ook aansoek doen om akkreditasie by die AHI Werkgewersorganisasie en indien u geakkrediteer word, is ‘n bedrag van R2 500,00 per jaar betaalbaar;
- die maatskappye wat u as geakkrediteerde lid van die AHI-Werkgewersorganisasie by die CCMA gaan verteenwoordig, moet ook ‘n lid van die AHI wees.
Kontak ons gerus indien u meer inligting oor die Werkgewersorganisasie wil bekom. |

| |
| 
|